Dune (roman)

Dune
SkrywerFrank Herbert
LandVerenigte State
TaalEngels
ReeksDune reeks
GenreWetenskapsfiksie[1]
UitgewerChilton Books
UitgegeeAugustus 1965
MediumDruk (hardeband en sagteband)
Bladsye412
VervolgDune Messiah

Dune is 'n wetenskapfiksieroman uit 1965 deur die Amerikaanse skrywer Frank Herbert, oorspronklik gepubliseer as twee afsonderlike reekse in die tydskrif Analog. Dit is die eerste aflewering van die Dune sage; in 2003 word dit aangewys as die wêreld se topverkoper-wetenskapfiksieroman. 

Dune speel af in die verre toekoms te midde van 'n feodale interstellêre samelewing waarin verskillende edele huise planetêre leengoed beheer. Dit vertel die verhaal van die jong Paul Atreides, wie se familie die bestuur van die planeet Arrakis aanvaar. Alhoewel die planeet 'n onherbergsame en ylbevolkte woestyn is, is dit die enigste bron van melange, 'die spesery'; 'n middel wat lewe verleng en verstandelike vermoëns versterk. Melange is ook nodig vir ruimtevaart, wat 'n soort multidimensionele bewustheid en versiendheid vereis wat slegs die geneesmiddel bied. Aangesien melange slegs op Arrakis geproduseer kan word, is beheer oor dié planeet dus 'n gesogte en gevaarlike onderneming. 

Die verhaal ondersoek die veelvlakkige interaksies van politiek, godsdiens, ekologie, tegnologie en menslike emosie, terwyl die ryk se faksies mekaar in 'n stryd om beheer van Arrakis en sy speserye konfronteer. Herbert het vyf vervolgverhale hierop geskryf: Dune Messiah, Children of Dune, God Emperor of Dune, Heretics of Dune en Chapterhouse: Dune.

Sedert 2009 is die name van planete uit die Duinromans aangeneem vir die werklike nomenklatuur van vlaktes en ander kenmerke op Saturnus se maan Titaan.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hanson

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search